
ERMELO – Samewerking tussen die polisie en Acsu het op 8 Februarie gelei tot die vinnige inhegtenisname van drie verdagtes in verband met die gewapende huisroof in Generaal Bothastraat.
Die rooftog het op 8 Februarie omstreeks 07:15 plaasgevind en slegs ’n paar ure later is die trio by Etwatwa in Gauteng vasgekeer.
Ten tye van die voorval het ’n Inwoner van die huis die hek oop gemaak vir sy kleinkinders om skooltoe te gaan, toe die mans hom oorval, aangehou en na bewering gemartel het.
Die mans het geld geëis waarna hulle twee van die mans in aanskou van hul familie met ’n strykyster gebrand het.
LEES OOK: Man, vrou en kinders van Ermelo deur gewapende mans aangehou en vermoedelik gemartel
Die huis is geplunder in die mans se soektog na geld.
Tydens die inhegtenisname van die drie het die polisie beslag op drie vuurwapens met ammunisie gelê.
Volgens Brig Selvy Mohlala, Mpumalanga polisie woordvoerder, behoort twee van die vuurwapens wat gevind is aan die polisie.


“Een is in Ivory Park gesteel, terwyl die ander in Hercules gesteel is,” het Brig Mohlala gesê.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



