CrimeNews

Gewapende mans beroof en val onderwysers van Ermelo aan

Hy het na wat verneem word, gemik om ’n ander onderwyser in die bors te skiet, maar die geweer wou nie afvuur nie.

Personeel van ’n skool op Ermelo, wat per skoolbus na Ermelo onderweg was, is op 11 Februarie – sowat 30km voor eMalahleni (Witbank), aangeval en beroof.

Volgens inligting van Acsu, het die rowers klippe strategies op die pad gepak, wat veroorsaak het dat die bus se motorband gebars het.

Die bestuurder het ‘n ent verder aan gery, waarna hy stilgehou en hy en nog ’n onderwysers het uitgeklim om die motorband om te ruil.

Een van die rowers het skote afgevuur en na bewering sy pistool teen een van die onderwysers se nek gedruk, en hom op die grond neer gegooi. 

Die verdagtes het die onderwysers op die bus van hul selfone en handsakke beroof en herhaardelik gevra vir skootrekenaars en vuurwapens. 

Een van die onderwysers op die bus het daarin geslaag om met hul foon hulp te ontbied en lede van Acsu-Hendrina het hul na die toneel gehaas.

Met die hulp van noodpersoneel is die bus se motorband omgeruil, en die lede van Acsu het die personeel tot in Ermelo vergesel.

Mnr. Pieter Grobler, skool hoof, het aan die Hoëvelder vertel dat die insident vir almal traumaties was. 

“Ons is dankbaar dat almal op die bus ongedeerd is,” het mnr. Grobler gesê. 

Hy het bygevoeg dat ‘n sielkundige die personeel Dinsdag sal besoek. 

Inwoners sal op hoogte gehou word indien meer inligting bekom word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button