CAROLINA – Carolina polisie ondersoek ‘n moordsaak, nadat dié liggame van twee bejaarde inwoners op 22 Februarie in hul huis gevind is.
Volgens ser. Thabang Mokwana, woordvoerder van Carolina polisie, het die inwoners se bure die polisie geskakel nadat hulle die egpaar ‘n paar dae gelede laas gesien het.
“Met die polisie se aankoms by die toneel het niemand die deur geantwoord nie, en die polisie het die huis binnegegaan,” het ser. Mokwana gesê.
Die voordeur van die huis was nie gesluit nie.
Die polisie het die liggame van ‘n 83-jarige man en sy 64-jarige vrou ontdek.
Hulle was albei op die toneel dood verklaar.
Enige persoon met inligting wat die polisie met die ondersoek kan help kan kapt. Hesekiel Msibi op 0823189570 skakel.
Alternatief kan inwoners die kantoor skakel op 0178432107 of die “Crime Stop” nommer op 0860010111.



