CrimeNews

OPVOLG – Vier mans vas vir koelbloedige moord op bejaarde egpaar in Carolina

Dit is tans onduidelik hoe hulle vermoor is, maar volgens sersant Mokwana het die man sigbare wonde aan sy kop gehad.

CAROLINA – Plaaslike owerhede het nie gras onder hul voete laat groei nie en het ’n reuse soektog na die verdagtes in die moord op twee bejaarde inwoners, me. Leonore Steenkamp en mnr. Renier Lense, van stapel gestuur. 

Volgens inligting van die Carolina polisiewoordvoerder, sersant Thabang Mokwana, is vier mans tussen die ouderdom van 18 en 30 jaar oud, op 22 Februarie in hegtenis geneem in die verband. 

LEES OOK: Bejaardes se liggame in hul huis gevind

Dit is tans onduidelik hoe hulle vermoor is, maar volgens sersant Mokwana het die man sigbare wonde aan sy kop gehad.

Inligting oor die vrou se beserings is nie aan die Hoëvelder bekendgemaak nie.

Die vier mans staan tereg op aanklagte van moord en roof.

Hulle name kan nog nie bekendgemaak word alvorens hul nie in die hof verskyn het nie. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button