ERMELO – Die polisie het op 17 Februarie twee mans in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel.
Volgens kapt. Carla Prinsloo, die Ermelo-polisiewoordvoerder, is daar verskeie operasies wat fokus op dwelmhandel in Ermelo en omliggende gebiede.
Lede van die polisie het daardie dag voertuie op die N2 tussen Ermelo en Piet Retief gestop en deursoek.
Die 58-jarige mnr. Juliana Thoke is om 05:30, nadat twee sakke dagga met ‘n gesamentlike gewig van 20,4 kg in sy besit gevind is, in hegtenis geneem.
Die polisie het sowat ‘n uur later ses sakke dagga met ‘n gesamentlike gewig van 10.8kg in mnr. Sipho Mbele (32) se besit gevind.
Beide mans het op 18 Februarie in die Ermelo Landdroshof op klagtes van dwelmhandel verskyn, waarna borg van R1 000 aan elk toegestaan is.
Die sake is na 28 Maart uitgestel.




