CrimeNews

Vermeende kaper vasgetrek naby Ermelo Gholfklub

Die voertuig is naby Ermelo Gholfklub teruggevind.

Danksy goeie spanwerk deur ACSU se reaksiespan, Jaco Kirk van Spartan Training en Security, lede van die plaas- en buurtwag asook die Msukaligwa Verkeersafdeling, is een verdagte wat beweerdelik met ’n kaping in die Hendrina-area verbind word, vasgetrek.

Volgens inligting van ACSU, het iemand hul beheerkammer geskakel en gesê dat die voertuig in Hendrina gekaap is.

Foto: ACSU

Met goeie samewerking is ’n Hyhundai H1 bussie in ’n japtrap afgetrek en die vedagte in aanhouding geplaas.

Acsu het vyf voertuie na die toneel uitgestuur en ander rolspelers het volgens mnr. Bester Maree van ACSU na die tyd ook opgedaag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button