
ERMELO – ’n Man (24) se Peugeot is op 4 April omstreeks 21:50 gesteel.
Volgens kapt. Carla Prinsloo, die Ermelo-polisiewoordvoerder, het die man op die Morgenzon-pad gery toe ’n onbekende man naby die Gert Sibande Distrik se munisipale kantore voor sy voertuig ingespring het.
“Die bestuurder was bekommerd dat hy die man getref het, en het uitgeklim om te kyk of die voetganger in die pad lê,” het kapt. Prinsloo gesê.
Toe die bestuurder die voetganger nader, het hy opgespring en hom met ’n mes gedreig.
Die voetganger het die bestuurder beveel om in die pad te gaan lê, waarna hy met die voertuig weggejaag het.
Die Ermelo-polisie ondersoek die saak en nog niemand is in die verband in hegtenis geneem nie.



