Local newsNews

Sonja van Niekerk aan stuur van sake by Christelike Maatskaplike Raad-Mpumalanga

Sy het in 1986 haar maatskaplikewerkstudies (BA-graad) by die Universiteit van Pretoria begin en in 1989 dit voltooi, waarna sy vir sowat 10 maande as ’n maatskaplike werker by 'n hospitaal aan diens was.

ERMELO – Me. Sonja van Niekerk is onlangs as die nuwe direkteur van die CMR Mpumalanga aangestel.

Na ’n tydperk se wik en week, het me. Van Niekerk besluit om vir die pos aansoek te doen, om sodoende aan die organisasie terug te gee.

Sy het in 1986 haar maatskaplikewerkstudies (BA-graad) by die Universiteit van Pretoria begin en in 1989 dit voltooi, waarna sy vir sowat 10 maande as ’n maatskaplike werker by ‘n hospitaal aan diens was.

Hier het sy by Kalafong Hospitaal gewerk, waarna sy en haar man in 1990 na Ermelo verhuis het.

Na twee jaar diens as gemeenskapskakelbeampte vir die destydse TPA gesondheisdienste, op 1 Junie 1993, het me. Van Niekerk se loopbaan by CMR afgeskop, toe sy as ’n maatskaplike werker in Ermelo aangestel is.

Vir die volgende 11 jaar het sy haar passie om mense te help uitgeleef.

Me. Van Niekerk is op 1 Januarie 2005 deur CMR Mpumalanga aangestel vir die pos van maatskaplike werk supervisor, waar sy die toesighouer van verskeie kantore in die Gert Sibande distrik was.

Sy het vir sowat 17 jaar dié posisie volgestaan.

“My loopbaan as maatskaplike werker is gevorm, ontwikkel en versterk deur CMR Mpumalanga. Ek sien uit om my kennis en ondervinding te gebruik om die organisasie te dien,” het me. Van Niekerk gesê.

Lees meer oor hoe inwoners by die CMR kan betrokke raak in die volgende uitgawe van die Hoëvelder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button