CrimeNews

Carolina vrou in haar voertuig voor huis doodgeskiet

Die 56-jarige vrou se liggaam is in haar voertuig wat nog geluier het, deur haar kollega gevind.

CAROLINA – Die polisie in Carolina ondersoek ’n moordsaak nadat die liggaam van ‘n 56-jarige vrou met geweerskote op 5 Mei in haar voertuig voor haar huis gevind is.

Volgens Sers Thabang Mokwana, Carolina polisie woordvoerder, het ‘n kollega van die vrou onraad vermoed toe sy nie vir werk aangemeld het nie

“Sy is toe na die slagoffer se huis om ondersoek in te stel, waar sy met haar aankoms by die huis, haar kollega se voertuig wat geluier het, voor die hek met haar liggaam in die bestuurderssitplek gevind het,” het Sers Mokwana gesê.

Die polisie is in kennis gestel en noodpersoneel het die vrou op die toneel dood verklaar.

Die Hoëvelder sal leser op hoogte hou sodra meer inligting ontvang is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button