CrimeNews

Amersfoort-streekhof lê swaar vonnisse op aan drie misdadigers

Die man het gaan branderplankry en hulle het sy motorsleutels, iPhone en horlosie ter waarde van op R50 000 op 17 Augustus 2017 gesteel.

AMERSFOORT – Drie mans, Thulani Skhakhane (38), Banele Khanyile (30) en Mxolisi Duma (32) is op 21 April deur die Amersfoortse streekhof tot 43 jaar tronkstraf gevonnis.

Hulle is in Amersfoort in hegtenis geneem vir verskeie misdade wat in 2017 gepleeg is.

Volgens Kol Donald Mdhluli, die Mpumalanga provinsiale polisiewoordvoerder, het die hof gehoor hoe die drie mans en ‘n vierde verdagte wat steeds op vrye voet is, ‘n man in Durban-Sentraal agtervolg het.

Die man het gaan branderplankry en hulle het sy motorsleutels, iPhone en horlosie ter waarde van op R50 000 op 17 Augustus 2017 gesteel.

Die mans het met sy Honda Jazz gevlug.

“Die vier mans het op 23 September 2018 weer toegeslaan by ‘n huis in eMalahleni en ‘n skootrekenaar, televisiestel en juweliersware gesteel voordat hulle na Ermelo is waar hulle ook by ‘n huis ingebreek het, ‘n televisiestel, kamera en ‘n juwelekissie gesteel het. ” het Kol Mdhuli gesê.

Die mans het dieselfde dag na ‘n plaas in Amersfoort gery waar hulle die boer se 87-jarige pa aangeval het.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button