ERMELO – Acsu Sekuriteit het vroeër vanaand toegeslaan en drie vermeende boewe in verband met ’n besigheidsroof op Amersfoort vasgetrek.
Volgens Acsu se bestuur, het hulle ’n oproep ontvang van ’n sake-eienaar op Ermelo wie hul in kennis gestel het dat sy vriend aan hom genoem het dat die onderneming langs syne beroof is.
Die betrokke verdagtes het glo in ’n rooi Nissan voertuig gevlug in Ermelo se rigting.
Acsu, AfriForum Buurtwag, boere, en polisie van Ermelo asook Amersfoort het geslaag om die voertuig op te spoor en af te trek.

Van wat van Acsu se bestuur verneem word, wou die mans oorspronklik nie gewillig aftrek nie, maar nadat hul glo besef het wat die stand van sake was, het hul stilgehou.
Daar is beslag gelê op selfone, skootrekenaars, twee vuurwapens, ’n karton sigarette en ’n onbevestigde bedrag geld.
Voorlopige inligting dui aan dat daar nog verdagtes betrokke was.
Acsu bestuur het hul dank betuig teenoor al die verskeie rolspelers.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



