
ERMELO – Die plaaslike polisie ondersoek ’n moord wat op 15 Mei in Kwamabuza plaasgevind het.
Die liggaam van ’n 37-jarige man is omstreek 07:00 in die straat deur lede van die gemeenskap ontdek.
Volgens kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van die Ermelo-polisie, is die man se liggaam met verskeie wonde in die straat gevind.
“Hy het diep snye aan sy voorkop en arm gehad en sy regterbeen was gebreek,” het kapt. Prinsloo gesê.
Volgens inligting wat die polisie ontvang het, het hy vroeër met die verdagtes in ’n argument betrokke geraak, waarna hy aangerand is.
Twee verdagtes is in verband met die saak in hegtenis geneem en het op 17 Mei in Ermelo Magistraatshof verskyn.



