Local newsNews

Inwoners ontsteld oor digte rook na tuinrommel aan die brand gesteek is

Die persoon het gesê dat dit nie die eerste keer was wat die voorval plaasvind nie, en dat die skuldige party reeds die vorige dag begin het om sy tuinvullis te brand.

ERMELO – Met die winterseisoen vinnig op pad, is die dorpenaars se tuine bedek met blare, wat sommiges in hul erwe aan die brand steek.

Hoëvelder het onlangs verskeie klagtes ontvang van gevalle waartydens blare en ander tuinrommel in woonbuurte verbrand word.

Volgens een daarvan moes die inwoners in ’n kompleks inderhaas op 14 Mei hul huise se venters en deure toemaak om te verhoed dat die digte rook binnedring.

Die persoon het gesê dat dit nie die eerste keer was wat die voorval plaasvind nie, en dat die skuldige party reeds die vorige dag begin het om sy tuinvullis te brand.

“Die brandweer het hom kom besoek, maar het hy hom nie aan hulle gesteur nie, en meer vullis op die hope gebrand.”

Die koerant het vroeër al berig dat die brand van vullis in inwoners se erwe teen die wet is en dat skuldiges boetes opgelê kan word.

Hoëvelder het navrae aan mnr. Mandla Zwane, woordvoerder van die plaaslike owerheid, gestuur.

Lees meer hieroor in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button