CrimeNews

Weermaglede op straat aangeval

Die verdagtes het een van die mans met ‘n mes gesteek en voor ‘n aankomende voertuig in gestamp, en die voertuig het die man getref

ERMELO – Twee mans is vroegoggend op 4 Junie deur vier verdagtes in Kerkstraat gekonfronteer, waarna een van die mans voor ‘n aankomende voertuig in gestamp is.

Volgens kapt. Carla Prinsloo, die Ermelo-polisiewoordvoerder, was die twee mans lede van die weermag.

“Hulle is deur die vier mans met messe gekonfronteer,” het kapt. Prinsloo gesê.

Die verdagtes het een van die mans met ‘n mes gesteek en voor ‘n aankomende voertuig in gestamp, en die voertuig het die man getref. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die ander man het probeer weghardloop, maar die verdagtes het hom ingehaal en ook gesteek.

Volgens kapt. Prinsloo het die verdagtes die man se selfoon gegryp en van die toneel gevlug.

Die polisie doen ‘n beroep op enige persoon met inligting wat die saak kan help, om sers. Bheki Masina by 017 819 2321 of 082 373 8389 te skakel.

’n Klag van moord, poging tot moord en roof word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button