Local newsNews

‘Ons kan nie alewig sit en wag vir die munisipaliteit nie’ – Ermelo inwoner

Onderneming daag inwoners uit om op te staan en die dorp te verbeter.

ERMELO – ’n Onderneming op die dorp het op 12 Julie besluit dat niks in die dorp gaan regkom met ’n gekla en gekerm oor al die probleme nie en het sake dus in eie hande geneem.

Hennie Nieuwenhuis van Ermelo Glas en Aluminium het aan Hoëvelder gesê dat net oorkant sy onderneming ’n paar erge slaggate was, waarin hulle gedurig gery het en hy het besluit dis tyd om iets daaraan te doen.

LEES OOK: Hoëvelder bring Maak Ermelo Mooi-projek op die been

’n Groep mense wat vir die glasonderneming werk, het tyd afgeknyp in hul dag om die gate in Murraystraat op te vul.

“Ons kan nie alewig sit en wag vir die munisipaliteit om dalk eendag die slaggate reg te maak nie, want dit gaan nie gedoen word nie,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die teer slegs sowat R50 ’n sak kos en dat dit hulle sowat drie na vier uur geneem het om die gate op te vul.

IN FOTO’S – Ermelo Frogfoot trek hul handskoene aan en tel papiere op in Ermelo

Met al die slaggate in Ermelo voel hy dat die gemeenskap moet saamstaan en ’n plan maak om die situasie te verander.

“As elke persoon net voor sy huis of onderneming regmaak, sal die probleem sommer gou opgelos wees en dit sal nie die bank breek nie.”

Hy het afgesluit dat die tyd vir stilsit en net kla oor die probleme verby is, mense moet hande vat en elkeen hul deel doen om die dorp te verbeter.

LEES OOK: Is Ermelo ’n mooi plek om in te woon – Ermeloërs sê hul sê

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button