Local newsNews

Kragonderbrekings op Ermelo veroorsaak amok by verkeersligte

’n Woordwisseling en handgebare was by verskeie verkeersligte sigbaar.

ERMELO – Tydens ’n onlangse kragonderbreking het Hoëvelder by verskeie verkeersligte in die dorp gaan waarneem hoe motoriste dié struikelblok hanteer.

Terwyl die meerderheid bestuurders die reëls van ’n vierrigtingstop gevolg het, was dit egter skokkend om diegene te sien wat die situasie as ’n geleentheid gebruik om vinnig deur te glip sonder om te stop.

Kragonderbrekings verhoog die kanse vir ongelukke by verkeersligte en jaag motoriste se bloeddruk die hoogte in.

’n Woordwisseling en handgebare was by verskeie verkeersligte sigbaar.

Hoëvelder het na die Msukaligwa Plaaslike Owerheid se woordvoerder, Mandla Zwane, uitgereik om te hoor of die munisipaliteit enige planne het om die krisis by verkeersligte op te los.

Geen terugvoering is teen die ter perse ontvang nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button