Crime

Prokureur en mede-beskuldigdes in veediefstalsaak in Breyten verskyn weer

Dit volg nadat Acsu Sekuriteit, 'n veiligheidsmaatskappy van Ermelo, in samewerking met boere van die gebied altesaam 12 verdagtes voorgelê het.

BREYTEN – Jan-Spruyt Steenkamp,’n prokureur van Pretoria, en vier ander wat van veediefstal van meer as 100 beeste aangekla word, verskyn op 7 September weer in die hof.

Steenkamp, Cornelius Johannes van der Walt, Lucas Magagula, Sibusiso Mabuse en Vusi Mhlongo is op Dinsdag 7 Mei, 2019, in ‘n lokval op die plaas Kromdraai in die Breyten-omgewing in hegtenis geneem.

Dit volg nadat Acsu Sekuriteit in samewerking met boere van die gebied altesaam 12 verdagtes voorgelê het.

Die verdagtes se borgaansoek is egter vertraag toe die man wat in die hof moes tolk, Simon Prince Shongwe, en sy vrou in hegtenis geneem is.

Mnr. Simon Prince Shongwe het op 20 Mei in die Ermelo Landdroshof verskyn. Foto: Argief

Dié inhegtenisnames kom nadat Acsu inligting ontvang het dat hulle aangebied het om borgtog vir die beskuldigdes te reël, na bewering teen R5 000 per persoon.

Shongwe het op 20 Mei in die Ermelo Landdroshof verskyn en sal op 13 Desember weer verskyn.

Oor die tolk se vrou se vermoedelike betrokkenheid in die saak, was daar geen terugvoering teen die ter perse gaan nie.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button