Crime
Acsu en boere trek gewapende rowers vas wat onderneming van R262 000 beroof
Die vyf verdagtes het met sowat R262 000 en sigarette gevlug.
MKHONDO – Acsu se reaksiespan, met die hulp van die Panbult-boerevereniging het vyf gewapende rowers naby Driefontein en in Ermelo vasgetrek.
Volgens Bester Maree, van Acsu het die vyf verdagtes Pick n Pay in Mkhondo van sowat R262 000 en verskeie sigarette beroof.


Die verdagtes het met twee voertuie van die toneel gevlug.
Acsu en die Panbult-boerevereniging het een van die voertuie met vier verdagtes, drie gewere en die kontant naby Driefontein vasgetrek, terwyl Oubaas de Jager en ’n span van Acsu die tweede voertuig in Ermelo vasgekeer het.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



