Crime

Jong man breek by huis in Merinostraat in

Die man het na bewering kort nadat die inwoners van die huis vertrek het, by die huis ingebreek.

ERMELO – Die polisie en lede van Acsu het vinnig gereageer, nadat ’n inbraak in Merinostraat aangemeld is.

Volgens inligting het ’n jong man by die motorhuis ingebreek, waarna die huishoudster alarm gemaak het en die polisie is na die toneel ontbied.

Die inwoner het vertel dat Nederland Park onlangs onder verskeie inbrake en gevalle van betreding gebuk gegaan het.

Lede van die SACCW groep het onlangs wenke gedeel om’n gedetailleerde beskrywing van ’n verdagte te kan deurgee.

Dit het ingesluit n beskrywings van die verdagte se hoofbedekking, hare, littekens, velkleur, gesighare, tatoeëermerke, kleregrafika, wapens, juweliersware, hemp, broeke en skoene.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button