Crime

Bejaarde egpaar se liggame in hul plaashuis buite Carolina gevind

“Volgens die buurman het alles met sy aankoms normaal gelyk, totdat hy deur die slaapkamervenster gekyk het en sy bure in ’n plas bloed op hul rusbank gesien lê het,”

CAROLINA – ’n Bejaarde egpaar, Martin de Bruin (83) en sy vrou, Marriam (79), se lyke is op 28 September in hul plaashuis buite Carolina gevind.

Volgens kolonel Donald Mdhluli, Mpumalanga polisie woordvoerder, is noodpersoneel omstreek 22:00 na die toneel ontbied, nadat ’n naburige boer die lewelose liggame van die egpaar ontdek het.

Die boer het De Bruin probeer skakel sonder enige sukses, waarna hy agterdogtig geraak het en besluit om ondersoek te gaan instel.

“Volgens die buurman het alles met sy aankoms normaal gelyk, totdat hy deur die slaapkamervenster gekyk het en sy bure in ’n plas bloed op hul rusbank gesien lê het,” het Mdhluli gesê.

Martin het ’n sigbare skietwond aan sy kop gehad met ’n vuurwapen in sy hande, terwyl sy vrou skietwonde aan haar bors en oor gehad het.

Die egpaar is op die toneel dood verklaar.

Carolina polisie ondersoek die omstandighede rondom die egpaar se dood.

Die polisie het ’n beroep gedoen op enige inwoners met inligting wat met die ondersoek kan help, om speurder Thulani Sibeko op 079 989 4150 te kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button