Crime

TLU SA verwelkom nuwe wetgewing oor skrootmateriaal

Hierdie diefstal rig jaarliks meer as R47 miljard se skade aan die ekonomie. Die maatreëls sluit ’n ses maande uitvoerverbod op skrootyster- en kopermetaal, wat gevolg sal word deur ’n stelsel om handel in sulke metale te reguleer.

ERMELO – Die TLU SA verwelkom die nuus van nuwe maatreëls om diefstal van onder andere kabels, heinings en ysterpale aan te spreek en die verkoop daarvan as skrootmateriaal hok te slaan.

“Dit is goed om te weet daar is geluister na al die insette wat gegee is. Dié kwessie is een wat landbou regstreeks raak met die steel van elektriese kabels – beide koper en aluminium – draad, ysterpale, sparre, boorgatpompe en ander infrastruktuur, wat ’n negatiewe effek op voedselversekerheid het. Dit is natuurlik ’n stap wat ons verwelkom en een wat beslis ‘n impak gaan maak, indien dit wel toegepas word,” het Henry Geldenhuys, die unie se president, gesê.

Die regering het nou besonderhede bekend gemaak van geteikende aksies om diefstal van openbare infrastruktuur vir gebruik as skrootmetaal te stop.

Hierdie diefstal rig jaarliks meer as R47 miljard se skade aan die ekonomie. Die maatreëls sluit ’n ses maande uitvoerverbod op skrootyster- en kopermetaal, wat gevolg sal word deur ’n stelsel om handel in sulke metale te reguleer.

In toekomstige fases sal nuwe maatreëls ingestel word, insluitend die verbod op die gebruik van kontant in koper- en skrootmetaaltransaksies, na aanleiding van wetswysigings; en die beperking van uitvoere tot ’n bepaalde aantal uitgangspoorte.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button