Crime

Honde in Ermelo vergiftig, boewe weg met motorfiets

Hulle het ’n saak van diefstal by Ermelo polisie aangemeld.

ERMELO – Inwoners in CP Hoogenhoutstraat se motorfiets is op 13 Desember uit hul erf gesteel, nadat hul bure se honde vergiftig is.

“Ek het die oggend uitgekom en gesien dat die afdak se hek oop, en die motorfiets weg is,” het die inwoner gesê.

Daar is ook motorfietsspore asook bakkiespore vanuit hul erf tot in die pad na Theronstraat opgemerk.

Hulle het ’n saak van diefstal by Ermelo polisie aangemeld.

Die gesin doen ’n beroep op die gemeenskap om op die uitkyk te wees vir hul rooi Bigboy TSR 250 motorfiets.

Die registrasie van die motorfiets is KHZ 694 MP.

Die inwoners het enige iemand wat dalk die motorfiets sien, gevra om die Ermelo polisie in kennis te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button