Saak teen verdagte van dubbele moord vir borgaansoek uitgestel
Hulle het die twee inwoners dood op die toneel aangetref, asook James se beseerde 25-jarige seun, Eugene, en dié se 20-jarige vriendin.
ERMELO – Die verdagte van die moord op Robert Arthur James (59) en Bangon Roopsai (50), Vincent Madonsela (29), het Maandag in die hof verskyn.
Volgens kapt. Carla Prinsloo, die Ermelo-polisiewoordvoerder, is die saak teen Madonsela na 6 Maart uitgestel vir ‘n borgaansoek.
“Die beskuldigde is steeds is aanhouding,” het sy gesê.
Madonsela het op 20 Februarie sy eerste verskyning in die hof gemaak.
ALSO READ: Suspect arrested in connection with double murder in Ermelo
Prinsloo sê dat die polisie op 18 Februarie ’n klag van huisroof in Sluiterstraat ontvang het.
Hulle het die twee inwoners dood op die toneel aangetref, asook James se beseerde 25-jarige seun, Eugene, en dié se 20-jarige vriendin.

Madonsela het van die toneel in die rigting van Amsterdam in ’n wit Volkswagen Polo, wat aan een van die slagoffers behoort het, gevlug.
“Hy was ongeveer 10 km buite Ermelo in ’n ongeluk met ’n ander voertuig betrokke.”
Die Ermelo SAPD het die verdagte op die ongelukstoneel in verband met die dubbele moord, poging tot moord, huisroof en diefstal van ’n motorvoertuig in hegtenis geneem.



