Crime

VIDEO – Wie is die werklike sondebokke in Fouriestraat, Ermelo?

Die Hoëvelder het egter 'n interessante ontdekking gemaak tydens die waarneming.

Fouriestraat in Ermelo het die afgelope tyd ‘n groot bron van kommer geword vir die plaaslike gemeenskap.

Inwoners is siek en sat vir die voortdurende ongelukke wat in hierdie straat plaasvind, en hulle voel dat die situasie dringend aandag benodig.

Die munisipaliteit het egter verklaar dat hulle nie genoeg finansiële middele het om verkeersligte in die straat op te rig nie, en dit is ‘n bron van frustrasie vir die plaaslike inwoners.

ALSO SEE: GALLERY: Truck accident causes havoc in De Jager and Fourie Street

Om die saak te ondersoek, het die Hoëvelder-span vir sowat 30 minute in die omgewing gewag en waargeneem wat gebeur.

Aanvanklik was die groot klagte dat vragmotors nie by die Robertson- en Fouriestraatkruising stilhou nie.

Dit het veroorsaak dat mense hul frustrasie uitgeleef het en hulle ongenoë uitgespreek het teenoor hierdie bestuurders.

Sien die volledige video hier:

Die Hoëvelder het egter ‘n interessante ontdekking gemaak tydens die waarneming.Z

Dit blyk dat, hoewel vragmotors inderdaad nie behoorlik by die stopstraat stop nie, dit die gewone motoriste is wat die stopstraat en verkeersreëls die meeste ignoreer.

ALSO READ: Mayhem in Ermelo’s Fourie Street continues

Die oortredings van die verkeersreëls deur gewone voertuie was vele maler meer as dié van vragmotors.

Sien verkorte video met van die wetsoortreders wat ons kon identifiseer: 

Dit het ‘n skokkende realiteit na vore gebring en het duidelik aangedui dat hierdie probleem nie net beperk is tot vragmotors nie.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Related Articles

 
Back to top button