Mpumalanga-buurtwagte patrolleer hoofweë
12 Buurtwagte het ongeveer 5 000 km afgelê ussen Mbombela en eMkhondo om patrollies te ry.
MPUMALANGA – AfriForum se buurtwagte het onlangs verskeie misdaadbrandpunte gepatrolleer, en veral op hoofweë gefokus om kapings en ysterpenlokvalle te voorkom.
Tydens verlede week het 12 van die buurtwagte bykans 5 000 km tussen Mbombela en eMkhondo afgelê om patrollies te ry.
Daar is boonop ook ses hommeltuie oor die N12 in Delmas gevlieg om die gebied te fynkam vir moontlike ysterpenlokvalle.

Die Delmas Valke-buurtwag, in samewerking met die AfriForum-buurtwagte van Kempton Park, Benoni, Middelburg, Ermelo, Secunda en die Mpumalanga-lugvleuel het op 24 Oktober vir ses uur lank om die beurt dié belangrike snelweg met hommeltuie gepatrolleer.
Die hommeltuie se ligte is later die aand aangeskakel om misdadigers te ontmoedig om lokvalle te stel en te wys dat AfriForum se buurtwagte paraat is om op te tree indien nodig.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



