Municipal

VIDEO – Geverfde padmerke in Kerkstraat veroorsaak verwarring

Die regterbaan wat vanaf Amersfoort inkom, is nou verander na 'n verpligte regsdraai in die rigting van Piet Retief.

ERMELO – Die dorpenaars is verward oor die nuut geverfde padmerkers in Kerkstraat.

Die regterbaan wat vanaf Amersfoort inkom, is nou na ’n verpligte draai na regs in die rigting van Piet Retief verander.

Sodra ’n bestuurder wat in die teenoorgestelde rigting ry ’n baanwisseling wil maak om regs te draai, beweeg hulle dan in die aankomende verkeer se baan in.

Hans Nienaber het ’n video van die padmerke aan Hoëvelder verskaf. Hy sê dat hy reeds drie keer daar verby is, en elke keer heers daar verwarring onder die motoriste.

“Ek het dit ook met ons plaaslike verkeersafdeling opgeneem, wat kennis daarvan dra,” het hy gesê.

Motoriste word aangeraai om uiters versigtig in hierdie gebied te bestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button