Municipal

AfriForum verwyder 84 sakke vullis en sny gras in Chrissiesmeer

Die plaaslike tak se September-werksaamhede het die historiese kerkie, begraafplaas en gebied langs die N17 ingesluit.

CHRISSIESMEER – AfriForum se plaaslike tak het in September 84 sakke vullis verwyder en sowat 2,7 hektaar gras gesny.

Die tak het by die historiese kerkie, die begraafplaas en langs die N17 gewerk as deel van sy voortgesette pogings om die dorp skoon te hou en terreine van plaaslike belang te versorg.

September se opruimingswerk bring die totale aantal sakke vullis wat die tak in die eerste nege maande van die jaar verwyder het, op 703 te staan.

Volgens AfriForum word dié werk in reaksie op die Msukaligwa- Plaaslike Owerheid se gebrekkige dienslewering gedoen.

Millicent van den Heever, voorsitter van die Chrissiesmeer-tak, sê die versorging van dié terreine gaan ook oor inwoners se verantwoordelikheid teenoor hul dorp en die bewaring van sy geskiedenis.

“Die kerkie en begraafplaas is deel van Chrissiesmeer se geskiedenis en verdien om versorg te word. Wanneer ons die gras sny en vullis verwyder, wys ons dat inwoners bereid is om verantwoordelikheid vir hul dorp te neem. Ons wil hê mense moet trots kan wees op Chrissiesmeer en dat besoekers ’n versorgde dorp aantref,” sê Van den Heever.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button