VIDEO – Verwarring heers in Ermelo-strate oor nuut geverfde lyne
Die geverfde padmerke is volgens hom korrek, maar hulle wag steeds vir die subkontrakteur, DSS Groep, om bykomende kanaliseringslyne te verf, wat veronderstel is om op 15 November te gebeur.
ERMELO – Hoëvelder het onlangs berig oor die dorpenaars wat verward is oor die nuut geverfde padmerkers in Kerkstraat.
SIEN OOK: VIDEO – Geverfde padmerke in Kerkstraat veroorsaak verwarring
Volgens talle aanlyn inskrywings, blyk dit of dieselfde probleem nou ook in Breijtenbachstraat voorkom.

Hoëvelder het in die straat ondersoek gaan instel en is deur Evan Vermaak, die terreinagent van Bamboo Rock, wat vir die padmerke verantwoordelik is, genader.
Hy het erken dat hy begrip het vir die verwarring en die gevaar verstaan wat dit vir motoriste kan inhou, en het om verskoning gevra vir die ongerief.
Volgens hom het die reën die voltooiing van beide Breijtenbach- en Kerkstraat se merkverwery boonop ook belemmer.
Die geverfde padmerke is volgens hom korrek, maar hulle wag steeds vir die subkontrakteur, DSS Groep, om bykomende kanaliseringslyne te verf, wat veronderstel is om vandag, 15 November te gebeur.
Motoriste word aangeraai om uiters versigtig in hierdie gebied te bestuur.



