Verwarring oor padmerke in Ermelo opgeklaar
Dit was onduidelik of Breijtenbachstraat ’n eenrigtingstraat verander is, wat ’n soortgelyke probleem geskep het.
ERMELO – Die verwarring wat op die dorp oor die onlangs geverfde padmerke geheers het, is opgeklaar.
Die Merino Mall se konstruksie het dié veranderings aan ’n aantal strate vereis.
Die nuutgeverfde padmerke in Kerkstraat het die inwoners aanvanklik verwar.
Die regterbaan wat vanaf Amersfoort inkom, het voorgekom of dit na ’n verpligte draai na regs in die rigting van Piet Retief verander is omdat die kanaliseringslyne nog nie geverf was nie.

Dit was onduidelik of Breijtenbachstraat ’n eenrigtingstraat verander is, wat ’n soortgelyke probleem geskep het.
Hoëvelder het in die straat ondersoek gaan instel en is deur Evan Vermaak, die terreinagent van Bamboo Rock, wat vir die padmerke verantwoordelik is, genader.
Volgens hom het die reën die voltooiing van beide Breijtenbach- en Kerkstraat se merkverwery belemmer.
Bamboo Rock se subkontrakteur, die DSS Groep, het egter onlangs die bykomende kanaliseringslyne geverf om motoriste se veiligheid te verseker en ook om enige verwarring uit die weg te ruim.



