Municipal

VIDEO – Boer en werkers spring self in om pad tussen Ermelo en Amsterdam te herstel

Hy sê afgesien van die boere se voertuie wat daagliks op hierdie pad skade opdoen, daar ook onlangs twee groot ongelukke was, en dat dit hulle motivering was om 'n verskil te maak.

ERMELO – ‘n Boer, Japie Cilliers, sy seun en van hulle plaaswerkers het onlangs ingespring om slaggate tussen die dorp en Amsterdam te vul en die pad te herstel.

‘n Video het die ronde gedoen waarop Cilliers en sy groep werkers besig op die pad was.

Volgens hom het die Departement van Openbare Werke, Paaie en Infrastruktuur die teer vir hulle geskenk nadat hulle navraag gedoen het oor hoe om te werk te gaan met die pad se instandhouding.

Hy sê afgesien van die boere se voertuie wat daagliks op hierdie pad skade opdoen, daar ook onlangs twee groot ongelukke was, en dat dit hulle motivering was om ‘n verskil te maak.

“Ons het al die boere in die omgewing genader vir hulp. Almal was bereid om te help en het werkers beskikbaar gestel om die projek aan te pak,” het Cilliers gesê.

Van die werkers is besig om die pad tussen Ermelo en Lothair te herstel.

Lees die volledige berig in Hoëvelder

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button