Municipal

Onwettige storting ruk handuit op Ermelo

Mandla Zwane, die Msukaligwa Plaaslike Owerheid se woordvoerder, het in 'n vorige navraag aan die koerant gesê dat die aksies strydig met die munisipale verordeninge is.

ERMELO – Enigiets vanaf huishoudelike gemors, tuinafval tot bourommel, word in al wat ‘n veld op die dorp is, gestort.

Die koerant het onlangs berig oor een van die eienaars van ‘n onderneming in Joubertstraat, wat gekla het oor die veld langs hul perseel wat volgens hulle by die dag meer soos ‘n vullisterrein lyk.

Die eienaars, wat verkies om anoniem te bly, sê dat hulle nou al maande lank self ‘n plan moet maak om van die gemors wat daagliks daar gestort word, ontslae te raak, maar dit voel hulle maak geen verskil nie.

Vullishope word aan die brand gesteek.

Die eienaars het al verskeie oproepe aan die munisipaliteit gemaak om die onwettige stortingsterrein aan te meld, en vir hulle was dit die laaste strooi toe iemand hulle onlangs gevra het of hul onderneming langs die ‘asgate’ is.

LEES OOK: Ermelo-skoonmaker gooi die handdoek in – mense hou aan onwettig stort

Die vrou sê dat sy geskok was om te hoor dat die mense al van die asgate op die dorp praat, en is bekommerd dat die hele veld binnekort in ‘n onwettige stortingsterrein gaan ontaard, indien daar nie iets daadwerkliks gedoen word nie.

Hoewel onooglik en onhigiënies, is dié onwettige storting nie ‘n nuwe brandpunt nie, maar vind dit toenemend plaas.

Voor van die ondernemings se advertensieborde het ‘n ashoop ontstaan.

Hoëvelder het al oor die jare verskeie artikels gepubliseer waarin raadslede, inwoners en sakelui hul kommer oor die kwessie uitspreek.

Mandla Zwane, die Msukaligwa Plaaslike Owerheid se woordvoerder, het in ‘n vorige navraag aan die koerant gesê dat die aksies strydig met die munisipale verordeninge is.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button