Municipal

Inwoners die josie in oor haglike paaie in Chrissiesmeer

Volgens die VF Plus, het die dorp slegs twee teerstrate, en die res is grondpaaie.

CHRISSIESMEER – Die inwoners is keelvol vir die haglike toestand van dié dorp se paaie.

Volgens ‘n persverklaring van die VF Plus, het die dorp slegs twee teerstrate, en die res is grondpaaie.

“Dit is die toestand van dié grondpaaie wat inwoners warm onder die kraag het,” het De Villiers Arnoldi in die verklaring gesê.

Die afgelope twee jaar het die toestand van die paaie vererger weens die hoë reënval wat die gebied gehad het.

Die grondpaaie is vol slaggate, en van die paaie se skouers is op sekere plekke só erg verspoel, dat dit totaal onbegaanbaar vir enige voertuig is.

Stormwaterslote word sommer langsaan gegrawe, waarvan sommige met vullis verstop is.

“Klagtes van inwoners aan die ANC-wykraadslid, Mandla Nzimande, het op dowe ore geval. Hulle het ook die munisipaliteit se inbelsentrum gekontak, maar geen reaksie ontvang nie.”

Die VF Plus het reeds in 2022 die toestand van die paaie onder die munisipaliteit se aandag gebring met ‘n e-pos aan verskeie munisipale adresse asook ‘n kaart van die paaie en foto’s om die skade aan te toon.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button