Municipal

Kragopwekkers vir watertoevoer weer in aksie ná onderbrekings op Ermelo

Heelwat van die inwoners beweer dat daar geen watertenkers in hul buurte voorsien word nie, en dat hulle 'n gebrek aan vertroue in die munisipaliteit het omdat die waterkrisis nie as 'n prioriteit geag word nie.

ERMELO – Die afgelope paar weke het sekere gebiede in die dorp en op Wesselton onderbrekings in hul watertoevoer ondervind.

Die krisis het egter vererger weens die onklaarheid van rugsteunkragopwekkers op die suidelike deel en Douglasdam se toevoerpunte.

Die Msukaligwa Plaaslike Owerheid het aangekondig dat hy sal voortgegaan om die betrokke gebiede van beskikbare watertenkers te voorsien.

Die munisipaliteit het in ‘n verslag lig op die huidige waterkrisis gewerp. Volgens hom is die kragopwekker vir die suidelike werke onlangs geïnstalleer en in gebruik geneem.

Stemnotas het onlangs op sosiale media die ronde gedoen, wat beweer dat die kragopwekkers opsetlik deur werknemers beskadig is weens wanoortydbetalings.

Mandla Zwane, die woordvoerder vir die plaaslike munisipaliteit, sê hulle is bewus van die stemnotas wat op WhatsApp sirkuleer.

Die munisipaliteit beskou dié bewerings in ‘n baie ernstige lig en sien dit as sabotasie, en raai die lede van die publiek aan om sulke beweerde inligting aan te meld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button