Municipal

Raadslid glo aan sak-sesvolle verandering met vullisverwydering in Msukaligwa gebied

Eerstens, wanneer die sakke oornag op straat gelaat word, lok dit honde en ander diere aan wat die sakke dikwels oopskeur en rommel oor die sypaadjies en grasperke strooi.

ERMELO – Die Vryheidsfront Plus se raadslid, Shobie Arnoldi, het ’n beroep op inwoners gedoen om verantwoordelike vullisverwyderingspraktyke aan te neem en het die kwessie van vullissakke wat té vroeg op straat geplaas word, aangespreek.

“Hierdie praktyk het negatiewe gevolge vir die netheid en estetika van die dorpsgebied,” het hy gesê.

Arnoldi het twee bekommernisse gedeel wat hieruit voortspruit.

Eerstens, wanneer die sakke oornag op straat gelaat word, lok dit honde en ander diere aan wat die sakke dikwels oopskeur en rommel oor die sypaadjies en grasperke strooi.

Dit skep boonop gesondheidsgevare en risiko’s vir kinders in wat met skerp voorwerpe of gevaarlike stowwe in hierdie sakke in aanraking kan kom.

LEES OOK: LETTER: Request for responsible garbage disposal practices

Tweedens verhoog die voortydige plasing van die sakke die waarskynlikheid van sakgrouers wat dit vir herwinbare items deursoek, wat weer verdere rommelstrooiing en moontlike ander gevare veroorsaak.

Om hierdie probleme aan te spreek en ’n skoon buurt en dorp te handhaaf, het Arnoldi riglyne voorgestel vir verantwoordelike vullisverwydering. Inwoners word versoek om nie die aand voor die vullisverwydering die sakke op straat te sit nie. In plaas daarvan moet die sakke die volgende oggend buite die huise geplaas word.

“Dit is belangrik dat die vullissakke styf toegemaak word om blootstelling te voorkom. As dit nie haalbaar is om die sakke op die oggend van die vullisverwydering uit te sit nie, word dit aanbeveel om ’n ontoeganklike plek op ’n hoër vlak te skep waar honde nie kan bykom nie.”

Hy het ook gesê dat indien vullissakke nie op die geskeduleerde versameldag opgetel word nie, die inwoners die sakke terug in hul erwe moet neem en hul raadslid vir ’n hergeskeduleerde afhaaldatum kontak.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Related Articles

 
Back to top button