Municipal

Watertoets toon geen cholera in Ermelo se water nie

Daar is watermonsters in Ermelo, Standerton, Bethal, Middelburg en eMahaleni geneem om by ’n geakkrediteerde laboratorium getoets te word.

ERMELO – Verskeie AfriForum-takke in Mpumalanga het verlede maand watertoetse laat doen om vas te stel of daar cholera in die munisipale drinkwater is.

Hoëvelder het onlangs berig oor die Msukaligwa Business and Community Forum (MBCF) se stelling dat cholera in die dorp se water ’n waarskynlikheid is, waarop die Msukaligwa Plaaslike Owerheid gereageer het.

Die woordvoerder, Mandla Zwane, het die plakkate van die MBCF, wat op verskeie platforme gesirkuleer het, gekritiseer en dit as kommerwekkend en opportunisties beskryf.

Daar is watermonsters in Ermelo, Standerton, Bethal, Middelburg en eMahaleni geneem om by ’n geakkrediteerde laboratorium getoets te word.

Die uitslae wat op 28 Junie ontvang is, toon geen tekens van cholera nie en daar is ook nie E.coli in die water teenwoordig nie.

“Ons is dankbaar dat al die drinkwater skoon is, maar die inwoners moet nie te gerus wees nie, munisipaliteite se suiweringsaanlegte is erg onder druk weens beurtkrag en ander uitdagings soos besoedeling in spruite en riviere,” het Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder gesê.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button