Municipal

Rondawelinwoner by Douglasdam vir twee weke sonder water

Hy sê ondanks beloftes deur die Msukaligwa Plaaslike Owerheid om ’n span uit te stuur, het daar niks van gekom nie.

ERMELO – Fanie Kruger, ’n inwoner van die rondawels by Douglasdam, het onlangs sy frustrasie met die Msukaligwa Plaaslike Owerheid uitgespreek.

Hy sê dat hy al vir die afgelope twee weke geen water by sy rondawel het nie.

Kruger, wat die plek maandeliks van die munisipaliteit huur, moet nou noodgedwonge die ander inwoners vir water gaan vra.

Water van die gebarste pyp stroom in die pad af. Foto | René Joubert

Daar is 10 rondawels op die perseel, maar slegs syne word geraak.

Volgens hom het hy die munisipaliteit al verskeie kere genader om die kwessie aan te spreek.

Hy sê ondanks beloftes om ’n span uit te stuur, het daar niks van gekom nie.

Die gebarste pyp naby Fanie Kruger se rondawel. Foto | René Joubert

Bykans twee maande gelede het daar pype in sy rondawel gebars, en die munisipaliteit het tegnici gestuur om dit te vervang.

Volgens Kruger moes hulle ’n pyp deur die muur voer om water na die toilet te voorsien, maar in die proses het hulle ’n pyp aan die binnekant van die rondawel afgebreek.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button