Municipal

Chrissiesmeer minder stink en meer blink

Hierdie aksie is volgens AfriForum begin aangesien daar geen ordentlike asdromme meer op die dorp oor was nie.

CHRISSIESMEER – AfriForum se Ermelo- en Chrissiesmeer-tak het sedert die begin van Augustus, 18 asdromme op die dorp aangebring.

Groen dromme, met die AfriForum-logo daarop, is onder meer by McCloud’s en Frog Coffee Shop geplaas.

Hierdie aksie is volgens AfriForum begin aangesien daar geen ordentlike asdromme meer oor was nie.

Sakelui moes daagliks aanskou hoe mense rommel in die strate voor hul winkels neergooi en juis daarom is ’n nood vir nuwe dromme geïdentifiseer.

Een van die asdromme is by McCloud’s aangebring. Foto | Verskaf/AfriForum

AfriForum se hoofkantoor in Centurion het die asdromme geskenk, terwyl die Ermelo- en Chrissiesmeer-tak dit op die nodige plekke aangebring het.

AfriForum het onderneem om die asdromme weekliks leeg te maak sodat die dorp op ’n volhoubare basis skoongemaak word.

Die dromme is ook vasgebout sodat misdadigers dit nie steel nie.

“Die dorp is afhanklik van toerisme, maar niemand wil in ’n vuil dorp stilhou nie. Met hierdie projek wil ons verseker dat ons dorp skoon bly,” het Millicent van den Heever van AfriForum se Ermelo- en Chrissiesmeer-tak gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button