Municipal

AfriForum laat sy stem hoor oor Eskom-kragtarief

Eskom het onlangs sy voorgestelde tariefverhoging vir die volgende drie jaar aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) voorgelê.

AfriForum het oor die hele land heen aan die openbare raadplegingsproses oor Eskom se voorgestelde kragtariefverhoging van 36,15% deelgeneem en het op 27 November sy geskrewe kommentaar tydens Mpumalanga se sessie ingedien.

AfriForum het in sy formele kommentaar, wat in Mbombela voorgelê is, dié buitensporige tariefverhoging teengestaan.

Dié burgerregteorganisasie het daarop gewys dat daar nie van kragverbruikers verwag kan word om pa te staan vir die jarelange wanbestuur van Eskom nie.

Eskom het onlangs sy voorgestelde tariefverhoging vir die volgende drie jaar aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) voorgelê.

Die publiek het tot 5 Desember gehad om kommentaar daarop te lewer.

AfriForum se voorlegging het die ernstige ekonomiese en maatskaplike gevolge van Eskom se voorgestelde tariefverhoging onderstreep en beklemtoon hoe die beplande kostes kwesbare gemeenskappe, veral huishoudings met lae inkomste wat reeds ’n groot deel daarvan aan elektrisiteit bestee, buitensporig sal belas.

Boonop is stygende elektrisiteitskoste die dryfveer van koste-inflasie, wat die prys van noodsaaklikhede verhoog en armoede en ongelykheid vererger.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button