Municipal

AfriForum loods ‘Wat(er) wil ons hê’ -veldtog

Die lekkasie by die Torbanitedam het gelei tot 'n groot waterverliese.

ERMELO – AfriForum het op 16 Januarie die ‘Wat(er) wil ons hê’ -veldtog in Mpumalanga van stapel gestuur, omdat dit na sy mening blyk dat volhoubare waterverskaffing in die provinsie nie meer moontlik is nie.

AfriForum meen plaaslike owerhede se onvermoë laat inwoners gereeld in die steek, en terselfdertyd is daar ook bitter min eerlike antwoorde indien waterverskaffing onderbreek word.

Die doel van die veldtog is om meer inligting van Mpumalanga se mense te kry oor enige probleme met betrekking tot waterverskaffing, sodat

AfriForum die kwessie onder die Departement van Water en Sanitasie se aandag kan bring.

“Dit is duidelik dat die plaaslike owerhede nie die ware stand van sake aan die departement kommunikeer nie.”

Een van die lekkasies by die Torbanitedam. Foto: Verskaf/AfriForum

Dié burgerregteorganisasie het aangedui dat hy bewus is van 17 dorpe in Mpumalanga wat vir meer as 72 uur aaneen watertekorte in 2024 beleef het.

Die onlangse droogte het die Msukaligwa Plaaslike Owerheid ook hard getref, en van die dorpe is gevolglik onder waterbeperkings geplaas, maar dit was reeds te laat.

Hennie Bekker, ’n distrikskoördineerder vir Mpumalanga se AfriForum, sê wat egter skokkend was, is dat daar met ondersoeke bevind is dat groot waterlekke selfs met die ernstige droogte nie spoedig aangespreek is nie.

Een van die lekkasies was by die Torbanitedam, waar die water bo-op die wal uit die pype, wat water na die watersuiweringsaanleg pomp, gelek en weggevloei het.

Die Brummer- en Douglasdamme was op dié stadium amper leeg, en dit het vir Ermelo, Chrissiesmeer en Breyten waterbeperkings veroorsaak.

Klik hier om AfriForum in te lig van wateronderbrekings in Mpumalanga.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button