Municipal

VIDEO – Sinkgat by Ermelo-kruising veroorsaak verkeersontwrigting

’n Sinkgat by die President Fouché- en De Bruinstraat-kruising veroorsaak ernstige verkeersontwrigting en veiligheidsrisiko’s vir motoriste.

Motoriste in Ermelo word gewaarsku om ekstra versigtig te wees by die kruising van President Fouché- en De Bruinstraat nadat ’n sinkgat in die pad gevorm het.

Die pad is slegs met ’n plastiekwaterbottel en gevaarlint afgesper, ’n versperring wat inwoners as onvoldoende beskou en maklik oor die hoof gesien kan word, veral saans.

Sinkgat in Ermelo se President Fouchéstraat met ’n plastiekwaterbottel en gevaarlint.
’n Plastiekwaterbottel en lint dien as tydelike waarskuwing by die sinkgat in President Fouchéstraat. Foto: Wayne van der Walt

Volgens buurtinwoners is dit nie die eerste keer dat hierdie gedeelte van President Fouchéstraat probleme veroorsaak nie.

Gereelde rioolprobleme en vorige opgrawings het die pad reeds in ’n swak toestand gelaat, en die jongste insinking maak die situasie net erger.

Sommige motoriste sê hulle word gedwing om in die teenoorgestelde baan te ry, wat die risiko van botsings verhoog.

Lees die volledige storie in Hoëvelder vir meer besonderhede oor die gevaar, inwoners se reaksies en die munisipaliteit se antwoord.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button