Local news

VIDEO – Onthou jy nog die lushof by die Petdam?

Die afskaffing van die inryteater was byna gelyklopend met die besluit van die stadsraad om nie herstelwerk aan die bestaande openbare dorpswembad te doen nie.

ERMELO – Die vervalle dorpswembad is nie nuus nie.

Tog is daar heimwee oor die ure wat by die nóú gevandaliseerde swembad spandeer is.

’n Mens vergeet af en toe die geskiedenis wat voor hierdie verval afgespeel het.

Daar het heelwat gedagte en ure se beplanning ingegaan om dit vir die mense van die dorp ’n werklikheid te maak.

Dit was 1985, dieselfde jaar wat die Protea Inryteater op die dorp besluit het om sy deure na ’n kwarteeu te sluit. Die rede wat destyds aangevoer is, was dat steun sedert die bekendstelling van televisie geleidelik begin afneem het.

Die afskaffing van die inryteater was byna gelyklopend met die besluit van die stadsraad om nie herstelwerk aan die bestaande openbare dorpswembad te doen nie.

Hulle was van mening dat dit nie ekonomies sinvol uitgevoer kon word nie, siende dat die swembad op daardie tydstip reeds 30 jaar in gebruik was. Dié swembad was by die Burgersentrum geleë.

Afgesien van die baie suksesvolle jaarlikse skou op die dorp, is vermaaklikheid ietwat gekniehalter deur dié besluite.

Dit was tyd vir die stadsraad om te besin, en hulle het die vestiging van ’n nuwe swembad op ’n ander perseel begin oorweeg.

Twee terreine is geïdentifiseer, een ten suide van die binnenshuise sportsentrum, óf alternatiewelik aan die westekant van die Petdam.

Op die ontvangs van ’n beplanningsverslag van ’n landskapsargitek wat aangevra is, het die raad eenparig besluit dat die Petdamterrein die geskikste sou wees.

Daar is ook aanvaar dat die hele Petdamoewer met verloop van tyd in fases ontwikkel sou word, met die uiteindelike plasing van onder meer ’n restaurant, waterglybaan, watersportfasiliteite, parkering en ander terreinontwikkeling.

Die konsepplanne wat deur die stadsingenieur voorgelê is, met enkele wysigings vir ’n swembad- en kinderpoel, is in 1985 aanvaar.

Aanvanklike planne het aangedui dat die parkering, kinderswembad en swembad teen 30 Junie, 1986, teen ’n beraamde halfmiljoen rand voltooi sou wees, terwyl daar vir die ander ontwikkeling op die jaarlikse begroting oor ’n tydperk van twee of meer jare voorsien sou word.

Maak seker jy lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button