Local news

Somatoloog besoek VLU-vroue in Amersfoort

Carina Bam, ’n somatoloog van Ermelo, het ’n demonstrasie gelewer en die vroue meer van die moderne “microneedling” en ander skoonheidsprosedures vertel.

AMERSFOORT: Die vroue van die plaalike VLU-tak het op 9 Augustus by die AGS-kerksaal byeengekom.

Carina Bam, ’n somatoloog van Ermelo, het ’n demonstrasie gelewer en die vroue meer van die moderne “microneedling” en ander skoonheidsprosedures vertel.

Martie Struwig was die gelukkige kandidaat wat gratis behandeling ontvang het.

Carina Bam, ’n somatoloog van Ermelo, lewer ’n demonstrasie. Foto: Verskaf

Die vroue is ook elkeen met ’n geskenkpakkie bederf.

Margeret van Niekerk van die tak het gesê dit was ’n heerlike dag en het in besonder haar dank teenoor elkeen uitgespreek wat die moeite gedoen het om die verrigtinge by te woon.

Die vroue sal weer volgende maand vergader.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button