Local news
Amersfoort VLU-vrou oorhandig 1952-vyfsjielingmunt
Hulle het ook tydens die samekoms ywerig aan artikels gestik, geknip, gebrei en gehekel.
AMERSFOORT – Die plaaslike VLU-tak het op 13 September aan huis van Annamart van der Merwe vergader.
Die tema vir die dag was lente, en die vroue moes ’n blommetjie en lekkerruikseep saambring.

Hulle het ook tydens die samekoms ywerig aan artikels gestik, geknip, gebrei en gehekel.
Buksie Bam het ook ’n 1952-vyfsjielingmunt aan Martie Struwig oorhandig omdat sy daardie jaar gebore is.

Volgens Margaret van Niekerk, die skakelbeampte, is die tak ook twee nuwe lede ryker, en beplan hulle weer op 11 Oktober ’n samekoms.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



