Local news

Ondersteun Annebel-projek op Ermelo ten bate van dogters

Ferns het by ’n vorige geleentheid aan Hoëvelder gesê dat Annebel nie net oor die produkte gaan waarmee hulle dogters help nie, maar ook om vir hulle hoop te gee.

ERMELO – September is Annebel-maand, en Saretha Ferns wat dié projek op die been gebring het en die plaaslike takbestuurder is, moedig mense aan om dit te ondersteun.

Annebel voorsien maandeliks noodsaaklike toiletware aan minderbevoorregte dogters. Die pakkies bevat onder andere sjampoe, deodorant, handeroom en sanitêre produkte.

Daar word ook aan die dogters basiese afrondingsklasse aangebied waartydens hulle oor persoonlike higiëne leer.

Ferns het by ’n vorige geleentheid aan Hoëvelder gesê dat Annebel nie net oor die produkte gaan waarmee hulle dogters help nie, maar ook om vir hulle hoop te gee.

“Dié projek is beslis nie ’n eenvroudroom nie, maar word deur die hele gemeenskap onderhou,” het sy gesê.

Die inwoners kan betrokke raak deur óf ’n Annebel-ma te word óf deur middel van ‘n skenking in die bankrekening: Annebel Ermelo, Capitec, spaarrekening 1667210473.

Skakel Ferns by 082 302 5335 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button