Local news

Ermeloërs geniet Oktoberfees by Indawo

Verskeie plaaslike kunstenaars het vir die vermaak gesorg en die stalletjies het iets vir almal gebied.

ERMELO – Feesgangers het Saterdag die gunstige weer by die Wildman Oktoberfees by Indawo geniet.

Die dag het met ‘n Krugerwildtuin-toergidsvertoning afgeskop, waarna die rodeo om 12:00 ‘n groot skare gelok het.

Verskeie plaaslike kunstenaars het vir die vermaak gesorg en die stalletjies het iets vir almal gebied.

Van heerlike kos en iets kouds om te drink, was daar geen tekort nie.

Die kinders het Frogfoot se speelarea met verskeie springkastele en ander speletjies geniet, en borrelgewere was een van die hoogtepunte van die dag.

‘n Meganiese bul het waaghalsige inwoners die geleentheid gebied om te kyk hoe lank hulle kon opbly.

Adam Tas en Fatman het later die aand opgetree, waarna ‘n veiling die verrigtinge afgesluit het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button