Local news

Bekende Ermeloër sterf aan longontsteking

Hy is die vorige aand in die hospitaal opgeneem. Die hospitaalpersoneel het sy seuns vroeg die volgende oggend met die nuus van sy dood gekontak.

ERMELO – Henk Vermeulen, ’n welbekende man in die potspelkringe, is op 5 Oktober skielik aan longontsteking in die Ermelo Provinsiale Hospitaal oorlede.

Hy is die vorige aand in die hospitaal opgeneem. Die hospitaalpersoneel het sy seuns vroeg die volgende oggend met die nuus van sy dood gekontak.

Vermeulen is op 20 Mei 1965 op Klerksdorp gebore, en het sy skoolloopbaan by John Orr Tegniese Hoërskool voltooi.

Hy het onderwys by die Goudstad Onderwyskollege studeer, voor hy by die weermag aangesluit het.

Vermeulen het na sy tyd daar sy loopbaan in onderwys op Hendrina begin.

In 1992 het hy na Ermelo verhuis toe hy ’n werksaanbod by Ligbron Akademie vir Tegnologie aanvaar het.

Sowat twee jaar later het Vermeulen by die Gert Sibande TVET Kollege op Ermelo begin werk, waar hy vir bykans 27 jaar werksaam was.

Sy seuns was dit eens dat hoewel hy ’n streng pa was, hy altyd die een was by wie hulle vir raad kon aanklop.

Sy jongste seun, Marius, sê dat een van sy gunstelingherinneringe saam met sy pa die tye was wat hulle saam om die potspeltafels gedeel het – die sosiale wedstryde en ligas.

Marius se broer, Jaco, sê dat hy en sy pa ’n liefde vir skyfskiet gedeel het, en hy is menigmale deur sy pa geklop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button