Rotariërs skenk doeke aan Ermelo SAVF en daag ander uit om dieselfde te doen
Volgens die bestuurder van die tehuis, Waldi Sieberhagen, gebruik hulle meer as 2 100 doeke per maand.
ERMELO – Die SAVF-tehuis het onlangs ’n broodnodige skenking van meer as 600 doeke van die Ermelo Rotariërs en Khokha Moya Gastehuis ontvang.
Volgens die bestuurder van die tehuis, Waldi Sieberhagen, gebruik hulle meer as 2 100 doeke per maand.
Die doeke, wat sowat R5 elk uitwerk, jaag die sentrum bykans R10 000 ’n maand uit die sak.
Die eienaar van die Khokha Moya Gastehuis, Rob Moir, het besluit dat hy maandeliks 210 doeke vir die tehuis sal borg, en het ander gastehuise en ondernemings uitgedaag om dieselfde te doen.
“Ons het slegs sowat 10 ondernemings nodig om elke maand 210 doeke, wat hul R1 050 sal kos, te skenk, om die las vir die ouetehuis te verlig,” het hy gesê.
Indien enige ondeneming of persoon die uitdaging wil aanpak, kan hul die SAVF-tehuis by 017 819 3614 kontak.



