Local news

Holland Geloftefees buite Ermelo om die draai

Die Holland Geloftefees vind sowat 30 km buite Ermelo op die Amersfoort-pad plaas.

Talle Afrikaners sal vanjaar weer Geloftedag op 16 Desember herdenk en die organiseerders van die Holland Geloftefees nooi alle inwoners uit om die dag saam met hulle te geniet.

Dié dag gedenk die gelofte wat die Voortrekkers op 16 Desember 1838 gemaak het.

Die feesterrein sal om 08:30 open, waarna ‘n perdeoptog om 09:00 plaasvind.

Feesrede wat deur Dawie Swanepoel gelei word en die diens wat deur ZD Buchling gelei sal word, vind om 11:15 plaas, gevolg deur pret vir die jongspan.

Die middagete sal om 13:00 bedien word en die boeresport skop om 14:30 af.

Inwoners word aangeraai om hul eie kampstoele, eetgerei en kontant vir koeldranke en lekkernye saam te bring.

Gedurende die fees sal daar hemde te koop wees waarop die kinders kan verf.

Die Holland Geloftefees vind sowat 30 km buite Ermelo op die Amersfoort-pad plaas.

Vir meer inligting, skakel Wikus Botha by 078 120 3632 of Marthinus Bam by 072 120 0160.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button