Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika dring aan op die privatisering van Easkom
Volgens TLU SA sal die privatisering groter voordele tot gevolg hê wat binne 'n paar jaar vir die hele Suid-Afrika reuse-ekonomiese vooruitgang kan bring.
Suid-Afrika staan voor ‘n keerpunt met sy kragkrisis.
Die Transvaalse Landbou-unie Suid-Afrika (TLU SA) doen ‘n beroep op die regering om Eskom te privatiseer omdat hulle van mening is dat die huidige stand van sake die land oor die afgrond gaan stuur.
“TLU SA glo die privatisering van Eskom is die enigste antwoord en oplossing vir die land se energie- en ekonomiese krisis. Eskom se probleme is operasioneel en finansieel. Om net aan te hou met klein veranderinge en die heen en weer skuif van Eskom se skuld, gaan die probleem nie oplos nie,” het Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder gesê.
“TLU SA vra dat Suid-Afrikaners nou hul stemme dik maak en op die privatisering van Eskom aandring. Die minister van arbeid, Thulas Nxesi (ook die leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party), is daarteen gekant. Sy vernaamste rede is dat elektrisiteit dan nog duurder gaan wees en nie alle Suid-Afrikaners toegang daartoe sal kry nie. Die ironie is dat tans kry die hele Suid-Afrika net sporadies elektrisiteit. Dit is ook geen geheim nie dat internasionale beleggers op ‘n ry hul geld aan die land onttrek weens die kragkrisis. Dit lei tot verdere werksverliese en ekonomiese agteruitgang.”
Volgens TLU SA sal die privatisering groter voordele tot gevolg hê wat binne ‘n paar jaar vir die hele Suid-Afrika reuse-ekonomiese vooruitgang kan bring.
TLU SA ondersteun Miller-standpunte
In ‘n onderhoud met BizNews het die globale energie-omkeerspesialis, KW Miller, gesê dat Eskom ‘n “operasioneel disfunksionele, finansieel insolvente, onbetroubare en korrupte entiteit” is.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



