Local news

Grondonteiening kom weer onder die loep

“Dit is totaal ongrondwetlik om iemand se eiendom sonder vergoeding van hom af weg te neem!” het Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die Transvaalse Landbou Unie Suid-Afrika (TLU SA) gesê.

Die publiek word tans deur die Gekose Komitee vir Vervoer, Staatsdiens en Administrasie, Openbare Werke en Infrastruktuur genooi om kommentaar te lewer op die Onteieningswetsontwerp (B 23 B-2020).

Die “B” dui op die veranderde wetgewing.

“Dit is totaal ongrondwetlik om iemand se eiendom sonder vergoeding van hom af weg te neem!” het Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die Transvaalse Landbou Unie Suid-Afrika (TLU SA) gesê.

Die publiek het nou die geleentheid om kommentaar hieroor te lewer.

“Ons doen ’n ernstige beroep op Suid-Afrikaners om op hierdie geleentheid te reageer,” het Van Zyl gesê.

Van Zyl het verduidelik: “Hierdie wetsontwerp is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur, maar is na provinsiale vlak terugverwys waar daar nou vir insette gevra word. Skriftelike kommentaar moet teen 6 Maart ingedien word.”

Versoeke vir mondelingse voorleggings word ook nou gerig – TLU SA se eiendomskomitee is reeds besig om inligting vir hierdie doel in te samel.

TLU SA neem as volg standpunt in:

Grondonteiening sonder vergoeding is:

  • Ongrondwetlik
  • Rampspoedig vir die ekonomie
  • Fataal vir voedselsekerheid
  • Diefstal van elke Suid-Afrikaanse jongmens se toekoms

“Wie wil geld in ’n land belê waar daar ’n wet is wat sê dat die staat jou grond mag vat sonder dat jy daarvoor vergoed word? Wil die Suid-Afrikaanse regering nóg ’n Arabiese Lente skep waar hongersnood weens voedseltekorte algemeen is?” het Van Zyl ter afsluiting gevra.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button